Pres. Cyril Ramaphosa loop die gevaar om in ’n staat van beskuldiging geplaas te word én dat ’n spontane revolusie kan uitbreek as mense se grond nie teruggee word nie.
Dít was Dinsdag Julius Malema, EFF-leier, se woorde aan Ramaphosa in die debat oor sy staatsrede in die Nasionale Vergadering (NV).
Malema het aan Ramaphosa gesê die stryd teen korrupsie gaan nie gewen word as die president by bewerings van geldwassery betrokke is nie. Ramaphosa moet met die waarheid uitkom oor wie tot sy veldtog bygedra het om in 2017 die ANC-president te word.