Gwede Mantashe en Bheki Cele gaan nêrens heen nie.
Albei dié soms omstrede ministers is baie belangrik vir pres. Cyril Ramaphosa en daarom is die kans uiters skraal dat hulle hul poste in ’n kabinetskommeling sal verloor, sê politieke kenners met wie Netwerk24 gesels het.
Dit kan dalk gebeur dat Mantashe se portefeulje net tot minerale bronne beperk word en energie na ’n ander minister verskuif kan word omdat hy so ’n polariserende figuur is, sê die politieke ontleder Khaya Sithole.