Oudminister Trevor Manuel eis in ’n dringende hofaansoek skadevergoeding van R100 000 weens beweerde lasterlike uitlatings deur die TV-aanbieder JJ Thabane dat Manuel destyds by die stigting van Cope betrokke was.
Thabane het in April in ’n onderhoud vir die podsending The Hustlers Corner SA in reaksie op ’n vraag oor of hy weet van ANC-amptenare wat destyds by Cope se stigting betrokke was, onder andere Manuel se naam genoem en bygevoeg, “hulle kan dit ontken soveel as wat hulle wil”.
Thabane is die aanbieder van die weeklikse aktualiteitsprogram Power to Truth with JJ Thabane wat op die nuuskanaal eNCA uitgesaai word.