Paul Mashatile sal in Desember op die ANC se nasionale konferensie bereid wees om die party se president te word, indien hy ter elfder ure gevra sou word.
Mashatile, tesourier-generaal van die ANC, het Woensdag dié klip in die bos gegooi toe hy op ’n Letsema-veldtog in Ditsobotla in Noordwes met joernaliste gepraat het.
Mashatile, wat ook waarneem as sekretaris-generaal, se gewildheid het die afgelope paar maande toegeneem. Hy is die meerderheid van die ANC se provinsiale uitvoerende komitees (PUK’s) se voorkeurkandidaat vir adjunkpresident.