In die lig daarvan dat “die meeste munisipaliteite in die land nie in staat is om ’n inkomste te genereer nie” is te min geld van die nasionale begroting aan munisipaliteite toegewys.
So het dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Dinsdag aan LP’s gesê toe sy die begroting van onderskeidelik samewerkende regering van R385 miljard en tradisionele sake van R545 miljard oor die mediumtermyn in die Nasionale Vergadering (NV) voorgelê het.
Sy het gereageer nadat die ANC-regering op nasionale en munisipale vlak deurgeloop het onder kritiek van opposisie-LP’s weens onder meer swak dienslewering in ’n groot aantal munisipaliteite oor die land heen.