Suid-Afrikaners moet “bly hoop” omdat dinge in die land beslis besig is om te verander, sê pres. Cyril Ramaphosa.
Hy het Saterdagmiddag in Lichtenburg gepraat waar hy as deel van die ANC se Letsema-veldtog die Ditsobotla-munisipaliteit besoek het.
Dit was Ramaphosa se eerste openbare verskyning sedert die ANC se verkiesingskomitee die afgelope week aangekondig het hy het die meeste takbenoemings ontvang om volgende maand vir ’n twee termyn as ANC-president verkies te word.