As jy deur ons rommel wil gaan, moet ons nie daardeur sleep nie.
Dít was Donderdag die reaksie van Julius Malema, EFF-leier, op die joernalis Marianne Thamm se artikel op die nuuswebwerf Daily Maverick.
“Moenie ons in die vullisdrom gooi nie, ons gaan nie vullisdrom toe nie. As jy in die rommel wil gaan krap, gaan alleen, moenie ons saamvat nie. As jy in die drom wil leef, gaan en woon in die drom, jy gaan soos ’n drom ruik.”