David Mabuza het nog nie as adjunkpresident van die land bedank nie, sê Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC.
Mbalula is Dinsdag op ’n mediakonferensie weer uitgevra oor moontlike skuiwe in die kabinet – veral ná die bedanking van twee ANC-parlementslede.
Gerugte wil dit al geruime tyd hê dat Mabuza in die kabinet vervang gaan word deur Paul Mashatile, die nuutverkose adjunkpresident van die ANC.