Nóg ’n pleidooi van die African Transformation Movement (ATM) dat LP’s in die geheim vir of teen die komende mosie van wantroue in pres. Cyril Ramaphosa moet stem, het op dowe ore geval.
Dit volg nadat Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), Dinsdag gesê het dat sy nog ’n versoek van dié party van die hand gewys het.
Die ATM neem die besluit egter nie ligtelik op nie en maak gereed om die hof te nader om die parlement te dwing om toe te laat dat LP’s Donderdagmiddag in die geheim vir of teen die mosie stem.