Die raadsvergadering waar ’n mosie van wantroue ter tafel gelê gaan word om Retief Odendaal as burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro te verwyder gaan Vrydagoggend soos beplan voort.
Mkhuseli Jack, onderburgemeester, het Donderdag die hooggeregshof in Gqeberha genader om dié vergadering te laat kanselleer. Jack se aansoek is egter Vrydagoggend vroeg met koste van die hand gewys.
Dit is die tweede poging om die vergadering te kanselleer. Odendaal het verlede Vrydag ook die hooggeregshof in die stad genader om die geldigheid van die eerste mosie en die raadsvergadering te betwis.