“Nee, mnr. Singh, jy was die hoof van finansies. Jy kan nie nou die skuld op werknemers onder jou pak nie.”
Dít was Donderdag die woorde van adjunkhoofregter Raymond Zondo aan Anoj Singh, voormalige hoof van finansies by Eskom, oor die betaling van R30,6 miljoen aan die Guptas se vennoot Salim Essa se Trillian Capital Partners-maatskappy.
Trillian het ’n faktuur aan Eskom gestuur om die R30,6 miljoen te betaal en aangevoer dit is vir werk rakende Eskom se nuwe korporatiewe plan.