’n Hewige rusie tussen Saftu-leiers oor lyfwegstekery en buitensporige salarisse het meegebring dat Zwelinzima Vavi as hoofsekretaris van dié vakbond-federasie geskors is.
Vyftien van die 20 vakbonde wat by Saftu geaffilieer is, het Vrydag op ’n gesamentlike nuuskonferensie gesê die skorsing is onwettig.
Die nuwe vakbondfederasie, wat Vavi vyf jaar gelede gestig het nadat hy deur Zuma-gesindes uit Cosatu geskop is, is nou vasgevang in twiste nes die geval destyds met Cosatu voor Saftu gestig is.