Die African Transformation Movement (ATM) se poging om pres. Cyril Ramaphosa as staatshoof deur ’n mosie van wantroue te ontsetel, is nog ’n knou toegedien.
Bantu Holomisa, UDM-leier, het Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), Woensdag skriftelik ingelig dat sy party “uit beginsel” nie aan Donderdagmiddag se debat en stemmery vir die mosie gaan deelneem nie.
Die kanse dat dit suksesvol sal wees, is dus nou nóg skraler nadat die DA, die grootste opposisieparty, vroeër ook aangedui het dat hy nie die “beuselagtige” mosie sal steun nie.