Gemeet aan hoeveel staatskapers tot dusver deur die nasionale vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat (OD) “in oranje oorpakke” laat beland het, vaar hulle “nie baie goed daarmee nie”.
Adv. Hermione Cronje, OD-hoof, het Sondag dié erkenning in ’n onderhoud met Newzroom Afrika gemaak.
Die OD moet ernstige hoëprofiel-korrupsie- en staatskapingsake vervolg wat veral uit die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping spruit.