Cedric Frolick, voorsitter van die parlement se komitees, het die afgelope week sy telefoonnommer verander en uit verskeie parlementêre WhatsApp-groepe bedank nadat regter Raymond Zondo bevind het hy het oënskynlik sy ampseed verbreek deur met Bosasa te heul.
Zondo het ook aanbeveel dat Frolick weens korrupsie ondersoek word.
Angelo Agrizzi, eertyds bedryfshoof van Bosasa, het voor die Zondo-kommissie getuig hy het in 2010 reeds opdrag van Gavin Watson, Bosasa-baas, gekry om maandeliks R40 000 in kontant aan Frolick te gee.