Die beoogde mosie van wantroue in pres. Cyril Ramaphosa wat Donderdagmiddag in die parlement gedebatteer sou word, gaan heel waarskynlik uitgestel word.
Dit kom nadat die African Transformation Movement (ATM), wat die mosie aangevra het, Thandi Modise, speaker van die nasionale vergadering, Donderdagoggend skriftelik versoek het om die mosie uit te stel.
Die party wil dit uitstel totdat sy dringende hofaansoek – om Modise se weiering van ’n geheime stemming in die mosie van wantroue te laat hersien en tersyde te stel – afgehandel is.