Hoewel die openbare beskermer by magte is om klagte in te dien, is dit ’n jammerte dat dit gedoen is voor enige vergadering tussen die Johannesburgse metro en die instelling.
So het Mabine Seabe, woordvoerder van dr. Mpho Phalatse, burgemeester van Johannesburg, gereageer op adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), wat strafregtelike klagte teen die metro ingedien het. Die klagte hou verband met die aanstelling van genl. Shadrack Sibiya, Johannesburg se hoof van forensiese ondersoeke.
Oupa Segwale, Mkhwebane se woordvoerder, sê die klagte is teen enigiemand in die metro wat moontlik ’n rol gespeel het in die nie-openbaarmaking van inligting en/of dokumente wat ’n invloed gehad het op die ondersoek wat die OB destyds na die aanstelling van Sibiya gedoen het.