Die openbare beskermer (OB) moet ingevolge wetgewing enige beweerde skending van die etiekkode vir lede van die uitvoerende gesag ondersoek.
Adv. Busisiwe Mkhwebane, die OB, het Donderdag so gesê toe sy bevestig het dat sy laat Woensdagmiddag ‘n amptelike klag van ‘n LP ontvang het wat beweer dat pres. Cyril Ramaphosa die etiekkode vir lede van die uitvoerende gesag geskend het.
Dit kom na aanleiding van ‘n klankgreep van ‘n vroeëre vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee wat uitgelek het en waarop gehoor kan word hoe Ramaphosa sê dat staatsgeld in 2017 vir interne leierskapsverkiesingsveldtogte in die ANC gebruik is.