Adv. Busisiwe Mkhwebane, geskorste openbare beskermer (OB), hou ’n ernstige bedreiging vir Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie in as sy onmiddellik moet terugkeer werk toe.
Dít is as die getuienis waar is wat tot dusver voor die parlementêre komitee oor die verwydering van die OB gelewer is, meen die DA.
Siviwe Gwarube, DA-hoofsweep, voer so aan in die party se jongste hofstukke. Dit is by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien waarin die DA, net soos pres. Cyril Ramaphosa, Mkhwebane se dringende aansoek teenstaan om onmiddellik terug te keer werk toe.