Die werk van die art. 194-komitee wat ondersoek instel na die geskiktheid van adv. Busisiwe Mkhwebane om as openbare beskermer (OB) te dien, “word afgejaag totdat haar kop afgekap word”.
Adv. Dali Mpofu SC, Mkhwebane se regsverteenwoordiger, het Dinsdag dié aantyging in die sitting van die komitee gemaak.
“Dis hartseer hoe Mkhwebane deur die proses misbruik word,” het hy gesê. Sy en haar regspan word links en regs aangeval en op Twitter beledig.