’n Swaard hang oor pres. Cyril Ramaphosa se kop oor waarom hy nie wil hê die name van skenkers vir sy CR17-veldtog om die president van die ANC te word, moet in die openbaar bekend gemaak word nie.
Sekere skenkers het bepaalde bedrae geld geskenk en die president het daarvan geweet.
So sê adv. Busisiwe Mkhwebane, geskorste openbare beskermer (OB), in haar getuienis voor die parlementêre art. 194-komitee wat haar geskiktheid as OB ondersoek.