Dit was die kaping van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).
Só het Ivan Pillay, afgetrede adjunkkommissaris van die SAID, Vrydag getuig in sy ondervraging voor die spesiale parlementêre art. 194-komitee wat moet bepaal of adv. Busisiwe Mkhwebane as openbare beskermer (OB) van die land geskik is vir die pos aldan nie.
Pillay het vrae beantwoord oor verslae van die OB oor die SAID en gesê hy het altyd gedink daar is iets groter aan die gang. Dit was die kaping van die SAID, daarom is daar soveel druk op hulle geplaas.