Die DA gaan aan die ouditeur-generaal (OG) van Suid-Afrika skryf om ’n dringende oudit van die ANC-regering se lening aan Kuba aan te vra.
Pres. Cyril Ramaphosa het in antwoord op skriftelike vrae van Willem Faber, DA-LP, gesê die regering het sedert 2018 R147,63 miljoen aan Kuba geleen, waarvan meer as R63 miljoen terugbetaal is.
Luidens Ramaphosa se antwoord is die ooreenkoms deur oudpres. Jacob Zuma in 2010 ná sy staatsbesoek aan Kuba opgestel.