Die DA dring daarop aan om na koalisieregerings te verwys as “DA-geleide regerings” en het ’n klousule wat dié benaming verbied uit ’n konsepooreenkoms van minderheidspartye geskrap.
Die konsepooreenkoms waaruit die DA die verwysing na “koalisieregerings” verwyder het, is deur minderheidspartye opgestel ná ’n besoek van al die opposisiepartye aan Duitsland om die werking van koalisies te bestudeer.
Die DA het ook bepalings uit die konsepooreenkoms verwyder wat lui dat die bestuurskomitee van die koalisieregerings in elke munisipaliteit sal probeer om alle besluite op grond van eenstemmigheid te neem, en dat die gesamentlike koukus van elke regering ’n voorsitter en ’n ondervoorsitter sal hê, maar dat die ondervoorsitter van ’n ander party moet dien as die voorsitter.