By byna twee derdes van Covid-19-kontrakte wat tot dusver deur die spesiale ondersoekeenheid (SOE) ondersoek is, was onreëlmatighede betrokke.
Pres. Cyril Ramaphosa sê in ’n verklaring die SOE het altesaam 5 467 kontrakte ondersoek wat aan 3 066 diensverskaffers toegeken is.
Van die 4 549 ondersoeke wat afgehandel is, is bevind 2 803 was onreëlmatig. Dit is 62% van die kontrakte.