Die moord op die 53-jarige Babita Deokaran, ’n fluitjieblaser en senior finansiële bestuurder van die Gautengse gesondheidsdepartement, is ’n strak herinnering aan hoe moeilik dit sal wees om die kanker van korrupsie in Suid-Afrika te verwyder, sê pres. Cyril Ramaphosa.
Deokaran was ’n getuie in ’n ondersoek van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) na Covid-19-bedrog in die Gautengse gesondheidsdepartement.
Sy is ’n week gelede in die hospitaal dood nadat sy verskeie kere buite die kompleks waar sy gewoon het in Mondeor, Johannesburg, geskiet is.