Die Gautengse LUR vir paaie en vervoer hou by sy standpunt dat die e-tolstelsel geskrap moet word.
Jacob Mamabolo, LUR vir dié portefeulje, het Maandag op ’n mediasessie van die provinsie se ekonomiese klusters gesê hulle wag nog op die regering se terugvoer oor e-tol.
“Ons wag op ’n besluit van die nasionale regering en daardie besluit moet wees om hierdie gedoemde stelsel te skrap.”