Die bedreiging wat die Onteieningswet op individue se eiendomsreg inhou, is reeds in 2013 deur Jeremy Cronin, destyds adjunkminister van openbare werke, aan die lig gebring, sê Vrystaat Landbou (VL).
Volgens VL het Cronin tóé reeds op die KykNet-program Robinson Regstreeks die impak van die wet beklemtoon.
Op ’n vraag of die Onteieningswet ook vir persoonlike bates soos spaargeld gebruik kan word, het Cronin beaam dat dit wel onteien kan word.