Vier jaar nadat die diep verdeelde ANC op sy vorige nasionale konferensie by Nasrec in Johannesburg gestem het ten gunste van die wysiging van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, sal die Nasionale Vergadering Dinsdagmiddag daaroor stem.
Die debat begin om 14:00.
Die EFF het die wysiging aan art. 25 van die Grondwet aan die parlement voorgestel.