’n Voorlopige verslag oor die 18de grondwetlike wysiging om die onteiening van grond sonder vergoeding in Suid-Afrika moontlik te maak, is gefinaliseer en aanvaar.
Dit was nadat ANC-LP’s Woensdagoggend ná ’n bespreking hul meerderheid gebruik het om die verslag in die ad hoc-komitee wat die parlementêre proses vir die wysiging van artikel 25 van die Grondwet gedryf het, te aanvaar.
Die EFF het dit egter verwerp.