Die toepassing van grondhervorming sodat eienaarskap die bevolking van die land weerspieël, sal glo veroorsaak dat die meeste wit kommersiële boere van hul grond af gedwing word.
Dit is die waarskuwing wat die FW de Klerk-stigting Woensdag gerig het in sy derde en laaste reaksie op die regering se “heeltemal onvoldoende” assessering van die moontlike sosio-ekonomiese uitwerking van die Wetsontwerp op Onteiening.
Die wetsontwerp maak voorsiening vir grondonteiening sonder vergoeding.