Die meeste deelnemers aan die openbare sittings oor die Wetsontwerp op Onteiening, het geen idee wat die implikasies van dié wet is nie, sê Henry Geldenhuys, president van TLU SA.
Hy sê in ’n mediaverklaring dat dit die taak van die ad hoc-groep vir die beskerming van eiendomsreg is om mense te waarsku wat die gevolge vir die land sou wees indien die wet ingestel sou word.
Geldenhuys sê deelnemers aan een van die sittings, wat deur die portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur gehou word, het die naweek gesê dat die Covid-19-pandemie gebruik moet word om die wet vinniger deur te voer.