Die Oos-Kaapse provinsiale regering is agterstallig met die betaling van 24 000 rekeninge van meer as R3,5 miljard.
Bobby Stevenson, DA-LPW, sê in ’n verklaring die Oos-Kaapse regering vernietig die voortbestaan van kleinondernemings deur verskaffers nie binne 30 dae te betaal nie.
Teen die einde van die 2020-’21-boekjaar (op 31 Maart) was daar 24 222 uitstaande betalings van ouer as 30 dae.