Dit is onmenslik om die tydelike ongeskiktheidstoelaag vir mense met gestremdhede nou te staak terwyl die land gebuk gaan onder die tweede vlaag van Covid-19.
Organisasies wat hulle beywer vir die regte van mense met gestremdhede, het uitgevaar teen die nasionale regering nadat dié toelaag nou gestaak is.
Dit moes oorspronklik op 1 Februarie 2020 verval, maar Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het dit tot einde Desember verleng om dié mense tegemoet te kom tydens die nasionale staat van inperking.