Die Patriotic Alliance (PA) is nie meer in alliansie met die ANC in die Mangaung-metro nie.
Volgens Eugene Botha, prokureur en PA-woordvoerder, het Kevin van der Ross van die PA verlede week as lid van die burgemeesterskomiteelid bedank en hy sal nou as gewone raadslid by die opposisie sit.
Die PA het twee setels in die ANC-beheerde raad, waar die ANC net-net die meerderheid met 51 van die 101 setels behaal het.