Panyaza Lesufi, wat die naweek tot die ANC se Gautengse voorsitter verkies is, sal Cyril Ramaphosa se veldtog vir ’n tweede termyn as ANC-president ’n verdere hupstoot gee.
Maar die feit dat Thembinkosi “TK” Nciza die nuwe provinsiale sekretaris is, moenie onderskat word nie, sê dr. Ntsikelelo Breakfast, ’n politieke ontleder van die Nelson Mandela-Universiteit.
“Lesufi is die gesig van die party in die provinsie, maar Nciza is in beheer van die ANC-takke. Hy is verantwoordelik vir die administrasie en vir die oudit van die takke. Ek dink nie Nciza ondersteun vir Ramaphosa nie.”