Die parlement moet nóú reeds begin om die aanbevelings toe te pas wat die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping aan hom voorgestel het.
Dit sal ’n fout wees as die parlement wag totdat pres. Cyril Ramaphosa in Oktober sy plan bekend maak oor hoe hy die aanbevelings van die Zondo-kommissie gaan toepas, het Monique Doyle van die parlementêre moniteringsgroep Woensdag in ’n paneelgesprek gesê.
“In die Zondo-verslag word dit duidelik gestel dat die parlement ’n onafhanklike been van die staat is, nes die regbank, en dat hy so moet optree.”