Daar is geen gronde vir die bewering van misdadige optrede wat Arthur Fraser, voormalige kommissaris van korrektiewe dienste, teen hom gemaak het nie, sê pres. Cyril Ramaphosa.
Volgens ’n verklaring wat die presidensie Donderdag uitgereik het, het Ramaphosa deur die media van Fraser se beskuldigings bewus geword.
Fraser het Woensdag klagte van geldwassery, regsverydeling en ontvoering by die Rosebank-polisiekantoor aanhangig gemaak in verband met diefstal van “meer as $4 miljoen” op Ramaphosa se Phala-Phala-wildplaas in Limpopo.