Persoonlike konflik het wel ’n rol gespeel in die skokbedanking van adv. Hermione Cronje, hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat (OD) wat hoëprofiel staatskaping- en korrupsiesake moet ondersoek en vervolg.
Adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolgings, het dit Woensdag erken nadat LP’s haar en Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, gepeper het met vrae oor die presiese rede vir Cronje se bedanking.
Batohi het Cronje se bedanking ná twee jaar en agt maande in dié belangrike amp Maandag op ’n mediakonferensie bevestig.