Hy het alles verklaar wat van hom vereis is sedert hy adjunkpresident geword het en sal volhou om dié verpligtinge na te kom, sê pres. Cyril Ramaphosa.
Hy het in ’n skriftelike antwoord gereageer op ’n parlementêre vraag deur Floyd Shivambu, EFF-onderleier, in verband met die diefstal op sy wildplaas Phala Phala in Limpopo in Februarie 2020.
Die DA het Sondag in die lig van nuwe bewerings in verband met dié diefstal nog ’n ondersoek gevra.