’n Onafhanklike paneel sal ondersoek instel of daar genoegsame bewyse voor die parlement is om ’n proses te begin om te bepaal of pres. Cyril Ramaphosa weens die Phala Phala-kwessie uit sy amp verwyder moet word of nie.
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), het dít Vrydag aangekondig toe sy bekend gemaak het dat sy ’n gewysigde mosie van die African Transformation Movement (ATM) daaroor goedgekeur het.
Sy het benadruk die aanstel van so ’n paneel beteken nie dit is ’n parlementêre proses om Ramaphosa in ’n staat van beskuldiging te plaas nie.