Die Valke kan nou nie meer huiwer en voete sleep met die Phala Phala-ondersoek nie, sê dr. Llewelyn Curlewis, regskenner.
“Ná die paneel van kundiges se bevindinge sal die Valke moet besluit of pres. Cyril Ramaphosa strafregtelik vervolg moet word. Ek sal verbaas wees as Ramaphosa nie vervolg word nie.”
Curlewis sê die bevindinge is baie ernstig en Ramaphosa behoort ’n baie bekommerde man te wees.