’n Onbekende DA-lid wat nog geen leiersposisies in die party beklee het nie, sal in volgende maand se federale kongres teen swaargewigte soos John Steenhuisen, dr. Mpho Phalatse, Helen Zille en Natasha Mazzone te staan kom.
Nie net het Lungile Phenyane (35) haar hoed in die ring gegooi vir partyleier nie, sy ding ook mee om vyf ander poste.
Dit sluit in voorsitter en adjunkvoorsitter van die federale raad, federale voorsitter en adjunkvoorsitter, asook federale voorsitter vir finansies.