Planne word beraam om munisipaliteite met behulp van alternatiewe bronne van kragopwekking minder van Eskom afhanklik te maak en om krag te bespaar.
Thembi Nkadimeng, nuwe minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Woensdag in ’n antwoord op ’n parlementêre vraag deur Bheki Hadebe, ANC-LP, uitgebrei oor wat haar departement doen om munisipaliteite te bemagtig om druk op die kragnetwerk te verlig.
Volgens Nkadimeng help haar departement deur die munisipale infrastruktuur-ondersteuningsagent (Misa) om werk in hierdie verband te doen.