Twee politieke partye wil hê die parlement moet ook sy eie ondersoek na pres. Cyril Ramaphosa en die beweringe oor ’n rooftog op sy wildplaas in Limpopo begin.
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), het Donderdagoggend in ’n sitting van die NV se programkomitee bevestig dat Bantu Holomisa, UDM-leier, en Vuyo Zungula, president van die African Transformation Movement (ATM), dit in twee verskillende briewe versoek het.
Die programkomitee se sitting het plaasgevind kort voordat Ramaphosa Donderdagmiddag omstreeks 14:00 voor die NV sal verskyn om die presidensie se begrotingsrede vir 2022-’23 te lewer.