Lucky Montana, eertydse uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap (Prasa), en talle van sy senior kollegas behoort vervolg te word vir hul rol in die lokomotiefkontrak met die maatskappy Swifambo.
Boonop moet ’n spesiale kommissie van ondersoek aangestel word om net op Prasa te fokus.
Dit is van die aanbevelings van regter Raymond Zondo in sy finale verslag oor staatskaping wat Prasa betref.