Pres. Cyril Ramaphosa is bekommerd oor die fase 6-beurtkrag wat ingestel is, maar glo dit sal die aandag kry van diegene wat in beheer daarvan is.
Hy het Donderdag in Kempton Park aan joernaliste gesê hulle sal voortgaan om te fokus op wat die beste vir Suid-Afrikaners is.
Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, was Donderdag in Pretoria minder diplomaties toe hy gesê het Eskom probeer die staat omverwerp deur nie die voortslepende beurtkrag op te los nie.