Terwyl die EFF sê pres. Cyril Ramaphosa sit in die Uniegebou in Pretoria met die bloed van die Marikana-slagting op sy hande, sê die regering die president kan self binnekort die Marikana-omgewing naby Rustenburg in Noordwes besoek.
Dit was Vrydag die sewende herdenking van dié slagting waarin 34 mynwerkers deur die polisie doodgeskiet is.
Ramaphosa was ’n direkteur van Lonmin, eienaar van die Marikana-myn, toe die tragedie plaasgevind het.