Pres. Cyril Ramaphosa en sy Russiese ampsgenoot, Wladimir Poetin, het Woensdag telefonies vergader en oor kwessies soos voedselsekerheid en die situasie in Oekraïne gepraat.
Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, sê die telefoonoproep was in aanloop tot die 14de Brics-beraad wat op 23 en 24 Junie aanlyn gehou sal word.
“Hulle het ook breedvoerige kwessies van handel en investering tussen die twee lande bespreek,” sê Magwenya.