Pres. Cyril Ramaphosa sal al waarskynlik volgende week ’n noodpakket aankondig om die elektrisiteitskrisis op te los, sê Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC.
Ramaphosa sal die nasie meedeel presies wat dié noodingrypingsmaatreëls sal behels.
Dit sal voor die kabinet se lekgotla en die staatsrede gebeur, sê Mbalula.